Home - HouseFinder Property and Real Estate listing and Magazine Namibia

Featured Article - Dec/Jan 2022

Dekades met deeg – Koekiekoningin bly kreatief

Dekades met deeg – Koekiekoningin bly kreatief


Sanet Prinsloo van Windhoek is bekend as die Boerewors Queen, maar ook as die hokkie-mamma en kosbeoordelaar, maar wat almal nie weet nie: eintlik bak sy koekies by dosyne.

Sanet tree al tien jaar op as Shoprite Checkers se Champion Boerewors-kompetisie beoordelaar, vandaar die titel Boerewors Queen. Vandag leer ken ons die ander kant van Sanet – Sanet, die bobaasbakster van heerlike koekies. En wie wil nou nie blikke vol van die lekkerste klein koekies hierdie Feesgety hê nie?
Sanet het 20 jaar gelede begin bak toe sy haar winkel Blue Olive verkoop het en die nuwe eienaar gevra het of sy sal aanhou koekies bak vir haar rakke. In die begin het sy slegs haar prentjiekoekies gebak, maar nou kom daar verskeie lekkernye uit haar oond.

Alina Iyambo bak al 15 jaar saam met Sanet en is ’n koekiedeeg deskundige. Sy is natuurlik ook Namibië se eie Kapana beoordelaar EN sy kan macaroons bak. (Dié Franse koekies is vol fieterjasies en het meer buie as ’n swanger vrou. Net sodra jy dink jy het haar onder die knie, is dit weer ’n flop en moet jy van voor af begin.) Mense vra haar altyd waarom die skuimpie koekies so duur is (“want dit is dan net ’n bietjie eierwit?”), maar wat mense nie besef nie is dat dit amandelmeel bevat wat nogal ’n duur bestanddeel is (veral as jy ’n klomp floppies tussenin moet finansier). Enigiemand wat al self macaroons probeer maak het, sal verstaan.

Sanet se koekies is beskikbaar by verskeie koffiewinkels in Windhoek. Sy kan ook gekontak word vir groot en klein bestellings. Haar kombuisleuse is GOED, BETER, BOTTER, so jy kan verseker wees dat sy slegs gebruik maak van die heel beste bestanddele beskikbaar.



Kontak Sanet by selnommer 081 124 0623 indien jy graag koekies wil bestel.






Bo: Sanet Prinsloo en Karen Kirsten by HouseFinder se onlangse Spanbou “Bak&Brou-dag” waartydens die dames heerlike hoender-burgers en nagereg gemaak het as deel van hul jaarafskeidfunksie. Kosie Henn was die derde beoordelaar wat bygedra het tot die sukses van hierdie prettige oggend.


Catalea Properties

Okamita

Mcpherson Realtors

Rightmove Properties

Doris Hentzen Properties

Sylvie McTeer Properties

Jireh Real Estate

HomePage Estate Agency

Kruger Real Estate

Rina de Bod

GPM Services

HouseFinder Namibia. © 2019, All rights reserved
Disclaimer Privacy Policy
Another website escaped from the Asylum Design and Development