Letter from the Editor - June 2019
Biophilia
Biophilia
Liewe Leser
Ek was nog nooit geseënd met die gawe om ‘n huisplant lewend te hou nie. My orgidieë het van dag een af teksboekaandag gekry, maar kort voor lank het die prag-blomme vloer toe getuimel…Nou die dag kom my dogter, Sareez, met ‘n versameling vetplantjies by die huis aan. Waar is die beste plekkie vir hulle? “Wel, vetplante floreer in die warm somerson van die Namibwoestyn, so sit hulle sommer daar reg voor jou kamervenster,” het ek dapper raad gegee.
Nodeloos om te sê, sy het na ‘n paar dae kom vra waarom hul blare dan bruin raak? “Mamma, is dit dalk van te veel son en te min water?” ‘n Gebrek aan goeie raad laat my toe momenteel sprakeloos!
My ma, Martie, het egter groen vingers gehad – haar Josefskleed het wild gegroei in die sitkamer in sy biesiemandjie. Hoe op dees aarde het liewe Martha dit reggekry? So jammer ek het haar toe nooit uitgevra rondom die kweek van gesonde huisplante nie…
Dalk is die antwoord om die natuur ook op ander maniere in ons huise te bring.
Biophilia. Biofilie. Die liefde vir natuur en lewende dinge. Julle sien seker die winkels is al ‘n geruime tyd vol van blaarbedrukte- kussings en beddegoed. Enigiets om die kalmerende effek van die natuur binnenshuis te vestig.
Die moontlikhede is legio.
Lees gerus op bl 44 en 45 hoe Marissa en Eugene van Pupkewitz Megabuild ons leer hoe om Biofilie in die huis toe te pas.
Ek kry sommer moed om weer nuwe lewe in my huisplante te blaas en natuur-geïnspireerde dekoritems aan te skaf.
Geniet jou huis en maak dit jou tuiste!
Gerty Basson
Find your property
To make sure we reach targeted readers audience, selective distribution is done throughout the month on a weekly basis. This ensures the availability of the magazine in strategic locations for readers to pick up for free and read.