Letter from the Editor - JunJul '26
THE META THEME
THE META THEME
Dear Reader
HouseFinder is TWENTY YEARS OLD! Traditionally, people make a big fuss about turning 21. But for us, 20 is the beacon of a new beginning.
The number twenty represents the end of a cycle and the beginning of a new one (10 x 2) – and here we are now: A new beginning after two decades, which brings us to a point of self-examination.
The term 20/20 is seen as perfect vision: clear vision and deeper insight. In numerology, 20 emphasizes teamwork, relationships and service to others. Number 2 itself represents balance, harmony, partnerships and cooperation.
In Biblical terms, 20 symbolizes a completed waiting period. Jacob had to wait 20 years to be freed from Laban (after 14 years he was finally able to marry Rachel and then had to work another 6 years to build his wealth). The Levites (in the time of King David) began serving at age 20 and the book of Hebrews uses 20 different names for Jesus Christ. There are many more examples of the symbolism of 20 in the Bible.
In Hebrew, 20 represents an open palm or a container symbolizing giving freely: a cycle of completion and expectation.
For us here at HouseFinder, 20 also definitely symbolizes the end of an old phase and the beginning of a new one. Read about the history of the magazine on page 8 and look forward to the future with us: “On your marks, get set, GO!”
Liewe Leser
HouseFinder is TWINTIG JAAR OUD! Tradisioneel maak mense ’n groot ophef van mondig word. Maar vir ons is 20 die merker na ’n nuwe begin.
Die syfer twintig verteenwoordig die einde van ’n siklus en die begin van ’n nuwe een (10 x 2). En hier is ons nou: ’n Nuwe begin ná twee dekades: ja, verseker by ’n punt van selfondersoek.
Die term 20/20 word gesien as perfekte visie – helder sig en dieper insig. In numerologie beklemtoon 20 spanwerk, verhoudings en diens aan ander – en 2 verteenwoordig balans, harmonie, vennootskappe en samewerking.
In Bybelse terme simboliseer 20 ’n voltooide wagperiode. Jakob moes 20 jaar wag om bevry te word van Laban (ná 14 jaar kon hy uiteindelik met Ragel trou en moes toe nog 6 jaar werk om sy rykdom op te bou). Die Leviete (in die tyd van Koning Dawid) het diens begin doen op ouderdom 20 en die boek Hebreërs gebruik 20 verskillende name vir Jesus Christus. Daar is nog vele meer voorbeelde van die simboliek van 20 in die Bybel.
In Hebreeus verteenwoordig 20 ’n oop handpalm of ’n houer – wat vrygewigheid simboliseer: ’n siklus van voltooiing en verwagting.
Vir ons hier by HouseFinder simboliseer 20 ook beslis die einde van ’n ou fase en die begin van ’n nuwe. Lees gerus op bladsy 8 oor die geskiedenis van die tydskrif en sien saam met ons uit na die toekoms: “Op julle merke, gereed, GAAN!”
OUR THEME: THE META THEME
"Catch a falling star and put it in your pocket... save it for a rainy day..." Your personalised way of sprinkling that starlight over hearth and home, over kith and kin, or over your daily grind, governs the look and feel of your sanctuary. It will tell your particular story of evolving growth. Your cocoon reflects you. Ensuring that your habitat is fully sustainable is up to you: financially, ecologically, emotionally and spiritually.
KEEP IN MIND:
“But in accordance with His promise we expectantly await new heavens and a new earth, in which righteousness dwells.” (AMP)

Gerty


